Hierdie unieke kookboek met ongeveer 200 resepte vir beskuit en biscotti sal by menigte Suid-Afrikaners aanklank vind. Elkeen het sy of haar eie gunstelingresep en dit wissel van soorte wat met suurdeeg tot soorte wat met bruismeel en bakpoeier gemaak word. Karringmelkbeskuit is een van die bekendste variasies van tradisionele beskuitresepte, en gesondheids- en volkoringbeskuit is vandag ook algemeen aangesien dit in talle huishoudings die plek van ontbyt ingeneem het.
Dimensions : 23.5 x 19.2 x 1.8 cm
Format : Paperback
Age Group : Adult
Page Numbers : 208