Liquid error: Could not find asset snippets/bold-common.liquid

Proffessor Fungus 4 Book Pack

Author: Jacobs Jaco & Strauss Johann

SKU: 6000600072999

R 421.00 R 540.01

"Bennie en Jenny is opgewonde toe hulle hoor professor Fungus gaan help met ’n nuwe pretpark wat binnekort oopmaak. Maar dan vind Bennie en Jenny uit iets is nie pluis...
Shipping Time Ships in 4 to 7 working days

"Bennie en Jenny is opgewonde toe hulle hoor professor Fungus gaan help met ’n nuwe pretpark wat binnekort oopmaak. Maar dan vind Bennie en Jenny uit iets is nie pluis by die pretpark nie. Watter planne voer die vreemde De Vries-tweeling in die mou?

Jy sal jou oë nie glo nie! Professor Fungus is besig met ’n fantastiese nuwe uitvinding in sy laboratorium – en Bennie en Jenny kan nie wag om dit op die proef te stel nie. Professor Fungus noem dit sy Vloeibare Energie-Reduserende Dubbel-Weerkaatsende Ydelheid-Neutraliseerder … of kortweg sommer net V.E.R.D.W.Y.N. En die beste van als? Dit kan jou onsigbaar maak! Dit klink sommer na vet pret! Maar dan kry ’n skurk die formule in die hande – en Bennie en Jenny moet help om van die wêreld se kosbaarste juwele te probeer red ...

Hoe meer haas ... hoe meer moeilikheid! Professor Fungus het ’n probleem: Sy nuutste uitvinding wil glad nie werk nie! Die Dupliserende Infrarooi Trippel-Turbo Omsetter (kortweg sommer D.I.T.T.O.) is veronderstel om dinge te kloon … maar dit doen net mooi niks! Bennie, Jenny en Edison die robot dink dit is hoog tyd dat die professor ’n blaaskans neem en ’n slag uit sy laboratorium kom om vars lug te kry. Dalk is ’n uitstappie na neef Naas se plaas net die regte medisyne! Maar op die plaas loop dinge onverwags skeef – en kort voor lank is daar ’n KONYN-KATASTROFE met konyne net waar jy kyk!

Daar’s ’n monster in die laboratorium ... Jenny is baie opgewonde. Sy het sowaar die hoofrol in die skoolkonsert gekry! Maar toe sy en Bennie die middag voor die konsert by professor Fungus gaan kuier, drink sy per ongeluk ’n vreemde mengsel ... En kort voor lank het dit VREESAANJAENDE gevolge! Jenny se hele lyf word pers en skubberig, haar gesig word harig ... en sy kry ’n stert! Sal professor Fungus betyds ’n teenmiddel kry – voor sy haar rol in die konsert kwyt is? Jong wetenskapliefhebbers (en almal wat mal is oor snaakse stories!) verslind Jaco Jacobs se professor Fungus-reeks – en die ongelooflike illustrasies deur Johann Strauss sorg sommer vir dubbel die leespret! Elke storie is propvol fantastiese karakters en wilde, skreeusnaakse avonture. En by Einstein se snor, agterin elke boek is daar boonop ’n eksperiment wat jy tuis kan doen!"

Dimensions :
Format :
Age Group : Ages 6-12
Page Numbers :

Customer Reviews

No reviews yet
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
The Various Books we sell.
Clearance - These will generally be in the clearance category, some of these titles might be slightly defective but we do our best to make sure they are in mint quality before sending. Please see terms and conditions for more info.
Stock on Hand - These are the titles we have on hand in our warehouse that we can ship to you in a jiffy.
Publisher stock - these are titles that come from various suppliers, the delivery time for these will be higher than our on hand items which will be indicated in the dispatch time.