No Products in the Cart
Your BIGGEST discount bookstore!
Prices slashed on the daily!
Halfaampieskraal, op die stowwerige Overbergpad deur die graanlande van die Suidwes-Kaap, is ’n tweehonderd-en-vyftig jaar oue plaas waarop vandag nog geboer word. Die jonger generasie het die ou skuur en stalle omskep in gastekamers en die Kubaans-geïnspireerde Club Havana geskep. Wanneer daar ’n rooi ster op die plaas se naambord is, weet die bure daar word feesgevier. Halfaampieskraal vier fees nooi jou uit om aan te sit by ’n lang plaastafel vir ’n fees met kos, dekor en stories oor die plaaslewe en partytjies.