No Products in the Cart
Your BIGGEST discount bookstore!
Prices slashed on the daily!
Denver se kas is 'n geheime ingang na 'n kasteel vol monsters - en hope avontuur! Maak die kasdeure wawyd oop met hierdie 6-in-1 omnibus van al die gewilde Kas vol monsters-boeke!
Die Groen Hand
Daar is iets vreemds aan die nuwe huis ... In die middel van die nag hoor Denver iemand aan sy kasdeur klop. Toe hy ondersoek instel, ontdek hy iets wat sy hare laat regop staan! Maar gaan enige iemand hom glo as hy vertel wat hy gesien het?
Vampierfoto's
Die kas in Denver se kamer is die geheime ingang na 'n kasteel vol monsters. Denver en Meyer kan nie wag om weer die monsters te sien nie. Hierdie keer het een van die monsters hulp nodig. Maar om foto's van 'n vampier te neem ... kan 'n pyn in die nek wees!
Hollywood-mummie
Dit is glad nie so maklik om 'n Hollywood-ster te word nie - veral nie as jy 'n mummie is nie. Sal Denver en Meyer vir Toets kan help om 'n rol in 'n fliek los te slaan?
Weerwolfprobleme
Denver en Meyer het al hope pret saam met die monsters gehad. Maar daar is iets fout in die monsterkasteel. Flaffie die weerwolf is in 'n BAIE slegte bui. En as 'n weerwolf vies is, moet jy liewer nie met hom sukkel nie ...
Die perfekte monster
Een van die monsters in die kas het Denver en Meyer se hulp nodig. Frank is eensaam. Daarom besluit hy dis tyd om 'n meisie te kry. Maar om die perfekte meisie vir 'n groot groen monster te kry, is glad nie so maklik nie!