Liquid error: Could not find asset snippets/bold-common.liquid

Kweek Kinders Met Karakter Bk + Cd Box-Set

Author:

SKU: 9781432208981

R 295.00

Pakket sluit in Profieltoets vir kinders en ouers, Handleiding om jou kinders te verstaan en Bounus Video (Mp4) As jy ’n ouer is, kan jy jou waarskynlik nie die lewe...
Shipping Time Ships in 4 to 7 working days

Only 2 left in stock with 1 in shopping carts, order soon!

Pakket sluit in Profieltoets vir kinders en ouers, Handleiding om jou kinders te verstaan en Bounus Video (Mp4)

As jy ’n ouer is, kan jy jou waarskynlik nie die lewe sonder één van jou kinders se unieke eienskappe voorstel nie. Dit verskaf jou vreugde, maar kan ook soms ’n uitdaging wees.
Kweek kinders met karakter is ’n konsep wat spruit uit Hettie Brittz se reis met haar eie kinders. Dit is geskryf vir ouers in elke fase van ’n kind se lewe, en help ma’s en pa’s om hulle kinders se uniekheid te ontdek en te koester.
Wil jy graag weet…
Waarom ’n straf vir een kind werk, maar nie vir die ander nie? Hoe om jou kind se taal te praat sodat julle mekaar regtig verstaan? Hoe om jou kind se emosies en behoeftes reg te hanteer?
Dan is Kweek kinders met karakter vir jou bedoel!
Hettie klassifiseer die verskillende temperamente as boomtipes, en leer ouers hoe om elke kind volgens sy temperament te kweek en te snoei.

Palmboomkinders is entoesiasties, raak maklik opgewonde, is energiek en loop oor van idees. Hulle haat dit om alleen te wees en kan alles ontwrig, gevolglik is rustige eie tyd vir hulle ma’s buite die kwessie. Hulle is mal daaroor om pret te hê!

Die roosboom is gedrewe, vreesloos, ferm en voorbarig. Hulle het ’n vinnige humeur en wil in beheer wees. Hulle kan soms geniepsig wees, maar as hulle genoeg verantwoordelikhede kry, word hulle die mooiste rose.

Die denneboomkind is liefdevol en het ’n rustige geaardheid. Aangesien hulle met min aandag tevrede is, kan hulle behoeftes misgekyk word. Agter die sagte geaardheid skuil egter ’n wil van staal wanneer hulle uit hulle gemaksone gedwing word.

Customer Reviews

No reviews yet
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
The Various Books we sell.
Clearance - These will generally be in the clearance category, some of these titles might be slightly defective but we do our best to make sure they are in mint quality before sending. Please see terms and conditions for more info.
Stock on Hand - These are the titles we have on hand in our warehouse that we can ship to you in a jiffy.
Publisher stock - these are titles that come from various suppliers, the delivery time for these will be higher than our on hand items which will be indicated in the dispatch time.