Stories van die Kantlyn

Author: Theuns Stofberg

SKU: 9781770228931

R 39.00 R 220.00

’n Versameling stories oor rugby, die lewe en allerhande ander dinge wat jou sal laat lag, ontroer en opkikker, deur een van Suid-Afrika se ware rugbylegendes...   Theuns Stofberg se...
Shipping Time Ships in 3 to 5 working days

Only 2 left in stock with 5 in shopping carts, order soon!
’n Versameling stories oor rugby, die lewe en allerhande ander dinge wat jou sal laat lag, ontroer en opkikker, deur een van Suid-Afrika se ware rugbylegendes...
 
Theuns Stofberg se glorieryke rugbyloopbaan het van 1976 tot 1985 geduur, en hy word in die algemeen beskou as een van die grootste Springbokke ooit. As die 36ste Springbokkaptein – een van slegs 56 spelers wat dié eer kon hê – was hy taai en kompromisloos op die veld, maar langs die kantlyn was hy 'n ware heer en uitstekende storieverteller – soos bewys word deur die anekdotes wat byeengebring is in hierdie boek.
 
In Stories van die kantlyn neem hy lesers tot agter die skerms, na sy kinderdae as skoolseun-rugbyspeler, tot die berugte meelbom-toer in Nieu-Seeland in 1981, en ook sy Curriebeker-oorwinnings vir drie provinsies – tot vandag toe ’n ongeëwenaarde prestasie. Hy skryf ook oor hoe dit was om saam met legendes soos Morné du Plessis, Gerrie Germishuys, Schalk Burger snr. en Gysie Pienaar te speel, hy roep bewonderaars se vreemde en dikwels fleurige gedrag in herinnering en gee lesers ’n fassinerende blik op die amateurdae van rugby in Suid-Afrika.
 
Hy vertel in sy unieke, onnabootsbare styl van sy persoonlike stryd met 'n spraakgebrek en gesondheidsprobleme, en hoe hy ’n tragedie in die familie hanteer het. Elke Suid-Afrikaanse rugbyliefhebber sal hierdie boek, wat soms diep persoonlik, soms amusant en partymaal nostalgies is, koester en geniet.
 


Dimensions : 23.4 x 15.3 x 1.7cm
Format : Paperback
Age Group : ADULT
Page Numbers : 224
The Various Books we sell.
Clearance - These will generally be in the clearance category, some of these titles might be slightly defective but we do our best to make sure they are in mint quality before sending. Please see terms and conditions for more info.
Stock on Hand - These are the titles we have on hand in our warehouse that we can ship to you in a jiffy.
Publisher stock - these are titles that come from various suppliers, the delivery time for these will be higher than our on hand items which will be indicated in the dispatch time.