Tax included.
DESCRIPTION
Iets heerliks gebeur. Dis asof ek nie meer Lanie-op-'n-fiets op 'n mission is nie, maar een word met die natuur om my; of ek nog van altyd af hier was, hier hoort. Asof die lewe nog altyd eenvoudig was. Ek klim af en gaan le op my rug en kyk deur die herfsblare wat goud aan die bome hang tot by die ysblou lug ver bo.
Ek wil iets gee, iets se ... Net mooi fine is die opvolg van Lanie van Reenen se suksesvolle boek C'est la Vie. Hierin beskryf sy wat gebeur het sedert haar hotelprojek in Frankryk gefaal het; hoe sy die nuwe realiteite van haar eie gestroopte lewe te bowe moet kom terwyl sy ook die verwerende chateau moet probeer red of verkoop.