{"product_id":"9781776250103","title":"Minki se pajamapartytjie","description":"Minki se Pajamapartytjie – Jaco Jacobs\r\n\r\nMinki en haar twee beste maats, Natalie en Lara, kan nie wag vir hulle pajamapartytjie met ’n llama-tema nie. Hulle gaan llama-koekies bak en versier, hulle gaan hulle naels verf en llama-plakkers opplak en dan gaan hulle hulself trommeldik eet aan die lekkergoed in die llama-piñata wat Natalie self gemaak het.\r\n\r\nMaar toe die aand van die pajamapartytjie uiteindelik aanbreek, loop die een ding na die ander skeef. Minki se tweeling-boeties byt die llama-koekies se koppe af, daar mors naellak op Natalie se splinternuwe nagklere en Lara is allergies vir die grondboontjies in die piñata-lekkers. Die pajamapartytjie waarna hulle so uitgesien het, is ’n reuse-flop!\r\n\r\nGelukkig het Minki ’n slim plan om vir haar maats te wys dat hulle vriendskap enigiets kan oorleef …","brand":"BOOKSITE","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32014330396787,"sku":"9781776250103","price":133.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/2291\/7991\/products\/minki-se-pajamapartytjie-jaco-jacobs-15137639432307.jpg?v=1637699953","url":"https:\/\/www.readerswarehouse.co.za\/products\/9781776250103","provider":"Readers Warehouse","version":"1.0","type":"link"}