Wreed én mooi is die dood

Author: Tobie Wiese

SKU: 9781868429431

R 230.00 R 270.00

Van die oomblik wat ons gebore word, begin ons ook te sterf. Maar al is die dood een van die algemeenste menslike gebeurtenisse, vermy die meeste mense om daaroor te...
Shipping Time Ships in 7 to 8 working days

Van die oomblik wat ons gebore word, begin ons ook te sterf. Maar al is die dood een van die algemeenste menslike gebeurtenisse, vermy die meeste mense om daaroor te dink of te praat. Wreed En Mooi Is Die Dood – met bydraes deur gewilde Afrikaanse skrywers – probeer hierdie stilte te verbreek.

 

Deur hul diep persoonlike verhale oor verlies en heling te deel, bied die bydraers onbewustelik ook raad vir hoe om die hartseer van ’n geliefde se dood te verwerk en hoe om jou eie sterflikheid te konfronteer. So vertel Marita van der Vyver van haar babaseun se dood, terwyl Valda Jansen beskryf hoe sy lamgelê is deur die nuus dat sy kanker het en Kerneels Breytenbach deel sy ervaring van eensaamheid na sy vrou se dood. ’n Paramedikus beskryf sy daaglikse ontmoetings met die dood, daar is ’n lys van dinge wat ’n mens vir ’n sterwende moet sê en nie moet sê nie en ook ’n bespreking van die rituele om die dood. Daar is soms selfs ’n bietjie humor . . . soos die storie oor die jong dominee wat in ’n leë graf geval het en Annelie Botes se voorbereidings vir haar begrafnis.

Dit is ’n aangrypende boek wat beloof om lesers te roer en weer te laat dink oor hulle prioriteite in die lewe.



Dimensions : Not Specified
Format : Not Specified
Age Group : Not Specified
Page Numbers : Not Specified
The Various Books we sell.
Clearance - These will generally be in the clearance category, some of these titles might be slightly defective but we do our best to make sure they are in mint quality before sending. Please see terms and conditions for more info.
Stock on Hand - These are the titles we have on hand in our warehouse that we can ship to you in a jiffy.
Publisher stock - these are titles that come from various suppliers, the delivery time for these will be higher than our on hand items which will be indicated in the dispatch time.