Die Avontuur Van Kuifie 10 Book Pack

SKU: 6000600077659
Die Avontuur Van Kuifie Book Collection - Readers Warehouse
Die Avontuur Van Kuifie Book Collection - Readers Warehouse
Die Avontuur Van Kuifie Book Collection - Readers Warehouse
Die Avontuur Van Kuifie Book Collection - Readers Warehouse

Die Avontuur Van Kuifie 10 Book Pack

SKU: 6000600077659
Series: Tintin
Genre:
Format:  Softcover
  • In stock, ready to ship
  • Inventory on the way
Regular price R 1,399.99 Sale price R 999.00 RW Saving 29%
/
Tax included.
  • COURIER - Dispatched in 1-3 Working Days.
  • STORE COLLECTION - Dispatched in 5-10 Working Days.
  • INTERNATIONAL SHIPPING - Dispatched in 3 - 7 Working Days. Due to Strict Exchange Controls we are unable to refund orders.
  • Delivery Time may vary.

The Adventures of Tintin is a series of 24 bande dessinée albums created by Belgian cartoonist Georges Remi, who wrote under the pen name Hergé. The series was one of the most popular European comics of the 20th century. We have put together ten of the most popular titles for this deal - in Afrikaans!

Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

Titles In this Set:

BESTEMMING MAAN

In Die avonture van Kuifie – Bestemming maan word Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn onverwags deur professor Sonneblom na die Sbrodjse Atoomnavorsingsentrum in Sildawië ontbied. Groot is hul verbasing toe hulle uitvind dat professor Sonneblom besig is om ’n reis na die maan te organiseer en van plan is om hulle saam te neem. Ná maande se voorbereiding vertrek hulle op die gevaarlikste reis wat nog ooit deur mense aangepak is …

VERKENNERS OP DIE MAAN

In hierdie opvolg tot Bestemming maan vlieg Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn onder leiding van professor Sonneblom die ruimte in met ’n vuurpyl. Hulle avontuur raak nóg gevaarliker wanneer hulle op die maan land. Ten spyte van ’n hele paar noue ontkomings maak hulle wel groot wetenskaplike ontdekkings. Hulle wonder egter of hulle ooit weer die aarde veilig sal bereik.

KUIFIE IN AMERIKA

In Kuifie in Amerika reis Kuifie en Spokie na Chicago om die stad se bendes vas te trek. Met sy aankoms kry hy reeds te doen met die berugte Al Capone en twee van sy trawante. Hy ontmoet ook Capone se teenstander, die bendeleier Bobby Smiles. Die bendes doen alles in hulle vermoë om hom te stuit: Hulle probeer hom vergiftig en verdrink, ontvoer vir Spokie en oortuig die Indiane in 'n nabygeleë reservaat dat Kuifie hulle vyand is. Sal Kuifie die stryd teen die bendes wen of gaan hy en Spokie in die Slift-fabriek se blikkieskos opeindig?

DIE FARAO SE SIGARE

In Die farao se sigare onderneem Kuifie en Spokie ’n bootreis na die Ooste. Tydens die vaart ontmoet hulle die Egiptoloog Filemoon Sikloon. Hy nooi hulle na Kaïro om saam met hom na die graf van die farao Kih-Oskh te gaan soek. Al die vorige geleerdes wat hierdie missie aangepak het, het geheimsinnig verdwyn. Wanneer Kuifie ’n sigaar met die farao se teken op die etiket vind, wonder hy of die sleutel tot die raaisel dalk daarin opgesluit lê …

DIE BLOU LOTUS

In Die Blou Lotus word Kuifie na Sjanghai ontbied, maar die boodskapper word vergiftig voor Kuifie uitvind hoekom. Daar gekom, besef hy sy stryd teen die internasionale dwelmbende, met wie ons in Die farao se sigare kennis gemaak het, is nog lank nie verby nie. Gelukkig ontmoet hy die jong Chinees Tjang en saam trotseer hulle baie gevare. Groot is Kuifie se verbasing toe hy agterkom dat die baas van die dwelmbende iemand is wat hy ken …

KUIFIE EN DIE PIKARO'S

In Kuifie en die Pikaro's word Bianca Castafiore en haar gevolg tydens haar toer deur Suid-Amerika in hegtenis geneem. Sy word aangekla daarvan dat sy die regering van generaal Tapioca omver wil werp. Luidens berigte is Kuifie, kaptein Sardijn en professor Sonneblom ook deel van die sameswering. Tapioca nooi hulle na Tapiocapolis om hulle kant van die saak te stel. Daar gekom, besef hulle dit is ’n set, maar generaal Alcazar en sy manskappe, die Pikaro’s, kom tot hulle redding, en Kuifie-hulle raak betrokke by Alcazar se rewolusie teen Tapioca.

DIE STUKKENDE OOR

In Die stukkende oor word 'n fetisj, gemaak deur die Arumbaya-stam, uit die etnografie-museum in Brussel gesteel om net die volgende dag weer teruggesit te word. Maar Kuifie besef dit is 'n vervalsing, en die spoor na die oorspronklike fetisj neem hom tot in Suid-Amerika.

DIE SWART EILAND

In Die swart eiland wil Kuifie help toe hy 'n vliegtuigie 'n noodlanding sien doen in die Belgiese platteland, maar die vlieenier skiet op hom. Hy vind uit dat die vliegtuig daarna in Engeland neergestort het en gaan stel ondersoek in. Sy ondersoek neem hom na 'n eiland in Skotland, waar daar baie vreemde dinge aan die gang is.

DIE 7 KRISTALBALLE

In Die 7 kristalballe keer die Sanders-Hardmuth-ekspedisie na Europa terug n? ?n lang reis deur Peru en Bolivia. Hulle bring die mummie van Raskar Kapak saam met hulle terug. Professor Sonneblom voorspel dat daar niks goeds van hierdie grafskending gaan kom nie. Een na die ander verval die sewe wetenskaplikes wat aan die ekspedisie deelgeneem het in ?n vreemde koma, en telkens word kristalskerwe op die toneel gevind. Brits en Britz se hulp word ingeroep om die saak te ondersoek. Intussen word professor Sonneblom ontvoer en Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn vertrek na Suid-Amerika om hom te probeer opspoor.

DIE TEMPEL VAN DIE SON

In die vervolg op Die 7 kristalballe lei Kuifie, Spokie en kaptein Sardijn se soektog na professor Sonneblom hulle na Callao in Suid-Amerika. Met die lemoenverkopertjie Zorrino se hulp spoor hulle die Sontempel op, waar die professor gevange gehou word. Maar die kultus wat hom ontvoer het, het wraak gesweer omdat die armband uit die graf van die Inka-koning Raskar Kapak in Sonneblom se besit gevind is. Boonop is die straf vir vreemdelinge wat die tempel binnedring die dood …


Age Range: 8-12
Publisher Date:
Publisher:
Pages:
Dimensions:
Language: Afrikaans

SOUTH AFRICAN SHIPPING

In-store collection is R20 and will be available for collection anywhere between 5-10 days. The relevant store will contact you when your order is ready for collection.

Courier Delivery - Shipping is calculated at checkout. Orders are dispatched within 1-3 working days.

Our shipping is currently calculated by deliver address area.

NB: Exact delivery times cannot be guaranteed once your order has been collected by the courier. Please use your tracking number to follow up and get exact delivery times.

RETURNS AND EXCHANGES

See conditions and procedure in our return FAQs

INTERNATIONAL SHIPPING

Our product prices do not include any tax and duties. Should there be any duties or taxes the receiver will be liable to pay these fees on receipt of order. Please refer to your local tax authorities on any expected fees in your local states or country.

We do not accept returns and exchanges on international orders.

The Buy More Save More Books have never been read and are in mint or near mint condition.

(Meaning they can have slight scratches and minor nicks on the cover)

Some books MAY have a red or black dot or line on the edge of the page by the spine. This is because the books is a cleared item. That's why the price is so AMAZING.

Customer Reviews

Based on 1 review
100%
(1)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
0%
(0)
C
Cisca Erasmus (Bloemfontein, ZA)
Tin Tin fan

Hoping my daughter will love these as much as we did!